Wednesday, April 15, 2009


Bakkies Botha

Bakkies Botha
Volle naamJohn Philip Botha
Geboortedatum22 9 1979 (ouderdom 29)
GeboorteplekNewcastle , Suid-Afrika
Lengte2,02 m
Gewig120 kg
BynaamBakkies
Rugbyloopbaan
Rugbyposisies
Provinsiale/StaatspanneWedstryde(punte)
2001Blou bulle??
korrek op .
Super Rugby  
Bulls
korrek op .
Nasionale span(ne)  
2002Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika41(35)
korrek op 2007-10-07.
Ander Inligting
BeroepProfessionele rugbyspeler
Skool  bygewoonVereeniging THS; Middelburg THS

John Philip "Bakkies" Botha, wat gewoonlik op sy bynaam genoem word, (gebore 22 September 1979 in NewcastleKwaZulu-Natalprovinsie) is 'n Suid-Afrikaanserugbyspeler wat as slot vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke uitdraf. Hy speel ook vir die Blou Bulle provinsiale span in dieCurriebekerkompetisie en vir die Bulls Super 14-span. Botha is 2,02 meter lank en weeg 120 kilogram.

Botha het vir die onder-19 en onder-23 Springbokspanne gespeel voor hy vir die Suid-Afrikaanse "A"-span gekies is wat teen die einde van 2001 na Europa getoer het. Die volgende jaar is hy vir die Springbokspan gekies en het sy debuut gemaak teen Frankryk in Marseille op 9 September 2002, 'n wedstryd wat die Springbokke 30-10 verloor het.

Oor die jare het 'n gedugte vennootskap tussen Botha en Blou Bulle spanmaat Victor Matfield ontwikkel. Saam het hulle 'n ongeëwenaarde vermoë om opponente se lynstane te ontwrig en gereeld balbesit te bewerkstellig.

Botha word gesien as een van die mees onwrikbare slotte in wêreldrugby en is al verskeie kere van vuilspel beskuldig, vernaamlik onder voormalige SpringbokafrigterRudolph Straeuli. In sy eerste vier toetse is hy koelkas toe gestuur, dissiplinêre optrede onverwant aan die koelkas-episode ondergaan en 'n skorsing van agt weke ontvang.[1] Sedert 2004 onder nuwe afrigter Jake White blyk dit dat sy omstrede spel iets van die verlede is. In sy vyftigste wedstryd vir die Bulls in 2006 het hy die span gelei in hulle Super 14-halfeindstryd teen die Crusaders.

In September 2006 het dit aan die lig gekom dat Botha 'n aanbod van R2 miljoen aangebied is vir 'n nuwe kontrak met die Sharks wat hom die hoogsbetaalde speler in Suid-Afrikaanse rugby sou maak.[2]

Verwysings [wysig]

No comments:

Post a Comment